Die Duiwe
Die duif was besig om aan n stukkie brood op die sypaadjie te pik wat een of ander verbygaande persoon daar gegooi het. Hy was groot en pers-blou van kleur met glansende groen spikkels om sy nek. Sy oe was bruin-rooi en daar was n dun wit streepie dwars oor sy snawel. Soos hy eet wip sy kop op-en-af terwyl hy pik aan die brood. Hy pik klein stukkies op n slag en sluk hulle in. Die skares voetgangers maal om hom heen op die sypaadjie sonder om hom te hinder. Daar land toe nog n duif, en kort daarna nog een, wat die brood van ver af bespeur het waaraan hy peusel. Hulle het begin inmeng met sy ete en het saam begin pik aan die stuk brood. Hy jaag die twee ander voels die kant toe, en daai kant toe, maar dit help alles niks. Hulle bly telkemale terugkom na sy brood en begin weer daaraan pik. Uiteindelik bedaar die drie duiwe en hou op meeding met mekaar oor die stuk brood. Nou voer hulle saam daaraan. Hulle pik, en dan sluk hulle die brood krummles af soos wat hulle dit eet. Om hulle stap die mense in strome voetganger-vekeer verby, maar niemand pla hulle nie. Duiwe was welkom in die middestad en dit was bekend dat hulle hier voorkom. Hulle was lank terug deur die mense self hier aangebring, en het sedertdien wild geraak, en begin voer van die oorskot wat mense daagliks vir hulle uitgestrooi het. Die duif en sy twee metgeselle het aanhou voer. Vir hulle sou daar altyd n stukkie brood aangegee word deur n vriendelikke hand. Hulle sal altyd voor voorsien word en nooit honger ly nie. Die duiwe hou aan pik aan die stukkie brood met n stryd van wille onder mekaar...